Welkom By Die Papfees 2010

Die Papfees word al vanaf 2003 aangebied by die Grootvlei Boerevereniging terrein op Grootvlei. Dit sal die agtste agtereenvolgende jaar wees wat die fees aangebied word deur die Grootvlei Boerevereniging wat 'n nie-winsgewende organisasie is.

Die fees word op Vrydag 14 en Saterdag 15 Mei 2010 aangebied.
Die Vrydagaand beplan ons 'n groot makitie in die vorm van verskeie Kunstenaars.

Die Saterdag is daar vermaak vir oud en jonk. Daar is groot en klein uitstallers, kosstalletjies, 'n vroue program, mode parades en nog vele meer pret vir almal. Daar gaan ook deur die loop van die dag kunstenaars op ons verhoë te sien wees.

Die wins gaan aan die plaaslikke gemeenskap wat ons twee plaaslike skole, wat betrokke is by die parkering en die ingangshek insluit.

Kyk gerus na ons foto album van vorige jare se feeste.  Onthou om te kyk na ons program (wat nader aan die fees beskikbaar sal wees) en kontak ons gerus vir enige navrae of vir meer informasie.

Joost Van Der Westhuizen bied vir ons die bulletjie rugby aan Saterdag en Amor tree Saterdag aand op.

AANWYSINGS

Papfees Koordinate

S26° 48’67”, E028°31’02”

Vanaf Johannesburg/Pretoria
Neem die N3 snelweg na Durban, deur die De Hoek tol Plaza neem die eerste afrit wat lees Grootvlei, op die brug draai links hou reguit aan tot by die T-aansluiting draai Regs sien die feesterrein op regterkant.

Vanaf Vaaldriehoek
Vanaf Four Way Motors neem die Villiers pad R54, neem die Balfour afrit links, hou reguit aan tot oor die N3 snelweg en draai regs. Hou reguit aan tot na die Caltex Garage draai links hou reguit aan tot by die T-aansluiting en draai regs sien die fees terrein op regterkant

Vanaf Standerton
Neem R23 na Balfour draai link op die R51 ongeveer 18 kilo’s sien die fees terrein op Regterkant

Oos Vrystaat
Neem die N3 vanaf Villiers neem die Grootvlei afrit draai regs oor brug, hou reguit aan tot by T-aansluiting en sien fees terein op regterkant.


View Larger Map

Foto Album : Program : Kunstenaars : Borge : Inskrywings : Terme : Kontak Ons

 

Navigasie

Tuisblad
Foto Album
Program
Kunstenaars
Borge
Inskrywings
Terme
Kontak Ons 

Papfees Koordinate

S26° 48’67”, E028°31’02”

 

 
 
Kopiereg © Papfees. Alle Regte Voorbehou